Hard newsNews

Plakkers gaan verwyder word

Nelspruit Post het weer gaan ondersoek instel en gesien dat daar steeds 'n stalletjie bestuur word en dat daar nou 'n nuwe een ook is.

Die ongewenste plakkers wat in die parkie in Ehmkestraat boer, gaan uiteindelik verwyder word. Volgens mnr. Joseph Ngala, woordvoerder vir Mbombela, het hulle kennis gegee en meeste van die plakkers het verlede week al getrek.

“Daar is nog twee mense wat nie wil trek nie, maar hulle sal teen Dinsdag verwyder word as hulle nie self besluit om te loop nie,” het Ngala gesê. Nelspruit Post het weer gaan ondersoek instel en gesien dat daar steeds ‘n stalletjie bestuur word en dat daar nou ‘n nuwe een ook is. Die rommel in die parkie is ‘n doring in die oog.

Daar is vroeër jare ook oor dieselfde parkie berig toe ‘n wit hawelose paartjie, wat as die Knolle bekend was, daar gewoon het. Die munisipaliteit het hulle menigmale weggejaag en uiteindelik traangas gebruik om hulle daar weg te kry.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button