Hard newsNews

R6 miljoen se dwelms in huis gevind

Daar is aanvanklik 1,5 kilogram dwelms gevind wat in die huis versteek was.

MBOMBELA – Bossie’s Community Justice (BCJ) en verskeie eenhede van die polisie het vanoggend die boerpot geslaan toe hulle op R6 miljoen se dwelms, vermoedelik kokaïene, in ‘n huis in Ferreirastraat afgekom het.

Volgens mnr. Hennie Potgieter van BCJ, is hy Dinsdagoggend deur ‘n onbekende lid van die publiek van die huis ingelig. Hy het dadelik lede van die honde-eenheid geskakel en hulle het saam op die huis toegeslaan.

“Ons het aanvanklik 1,5 kilogram dwelms gevind wat in die huis versteek was. Ons het ook beslag gelê op dwelms in ‘n voertuig wat op die perseel geparkeer was,” sê Potgieter.

• Lees meer in die gedrukte uitgawe van Laevelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button