Hard newsNews

Dwelm verdagte nog soek

Dieselfde verdagte is twee weke gelede in Andersonstraat met dwelms aangekeer.

MBOMBELA – Die verdagte, in wie se huis Woensdagoggend R1,6 miljoen se dwelms gevind is, is nog soek. Volgens mnr.Hennie Potgieter, van Bossie’s Community Justice, het hy en verskeie eenhede van die polisie op die huis in Fereirrastraat toegeslaan toe hy ‘n wenk van ‘n onbekende lid van die publiek ontvang het.

Volgens Sers. Gerald Sedibe, polisie-woordvoerder, is daar 1,76 kilogram kokaïne, 70.88 gram heroine, 31 full-moon crack kokaïne, 15 half-moon crack kokaïne, 39 steentjies kokaïne en sewe bottels bestandele wat gebruik word om kokaïne te maak, gevind. Dieselfde verdagte is twee weke gelede in Andersonstraat met dwelms aangekeer. Hy is gearresteer en is tans uit op borg.

Volgens Sedibe is daar verskeie moontlike verdagtes in die saak. “Ons kan op die stadium nie teveel sê nie omdat dit die ondersoek kan beinvloed,” het hy gesê. Hy meen egter dat hulle baie inligting ontvang het, maar dat hulle dit nie nou al kan bekend maak terwyl die saak nog ondersoek word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button