Hard newsNewsUpdate

Swembad is nou weer potblou

Dié swembad gaan binnekort wemel met swemmers, en die water is anders as verlede jaar dié tyd - byna silwerskoon. Selfs die ablusiegeriewe is vinning besig om te verbeter en die tuin en grasperke word versorg.

Die Van Riebeeckpark-swembad, wat minder as ‘n week gelede nog groen en vol slyk was, is nou so blou soos die hemele.

Alhoewel daar steeds ‘n klein hoeveelheid vuilgoed op die bodem sigbaar is, is arbeiders hard aan die werk om die perseel reg te kry voor die swemseisoen amptelik op lentedag afskop.

Dié swembad gaan binnekort wemel met swemmers, en die water is anders as verlede jaar dié tyd – byna silwerskoon. Selfs die ablusiegeriewe is vinning besig om te verbeter en die tuin en grasperke word versorg.

Volgens mnr. Jo Koster, voorsitter van die DA-koukus, blyk dit asof die publiek nie weer daarvan weerhou gaan word om hiernatoe te kom as gevolg van onnetheid, die tuin en grasperk se onversorgdheid en gebrekkige instandhouding van voetpaadjies nie. “Die projekbestuur lyk aansienlik beter, veral na werkers se afwesigheid ‘n week terug.” Waar daar ook ‘n probleem was met die toesighouding van die werknemers, vertel Koster dat daar nou iemand is wat permanent hul doen en late dophou, en verseker dat die fasiliteit weer die groot aantreklikheid word wat dit altyd was. Volgens die woordvoerder van Mbombela Munisipaliteit,

mnr. Joseph Ngala, is hierdie deel van die projek ter voorbereiding vir die swemseisoen. Die kleedkamers by die swembad word ook by die opgradering van die swembadkompleks ingesluit.

“Die vuilgoed op die bodem van die swembad sal binnekort skoongemaak word.’n Kennisgewing met die datum van amptelike opening vir die publiek sal na afloop van ‘n vergadering met die Mpumalanga Swem-unie vasgestel word. Dié swembad, asook die ander swembaddens onder dié projek sál binnekort gereed wees,” sê Ngala.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button