Hard newsNewsUpdate

Waarskuwing uitgereik teen veldbrande

Die Laeveld het gister drie groot brande ervaar in die Uitkyk-, Brondal- en Barberton-omgewings waar meer as 300 ha se weiding en plantasies verwoes is.

MBOMBELA – As gevolg van warm, droë en winderige weerstoestande, word plaaslike inwoners gewaarsku om uiters versigtig te wees vir die ontstaan en verspreiding van weghol-veldbrande.

Die Laeveld het gister drie groot brande ervaar in die Uitkyk-, Brondal- en Barberton-omgewings waar meer as 300 ha se weiding en plantasies verwoes is. ‘n Gedeelte van Bhejani Bush Lodge op die Uitkyk-pad is gistermiddag byna heeltemal tot as verbrand nadat ‘n vonk van ‘n weghol-veldbrand vermoedelik in die grasdak beland het.

Mnr. Johan de Kok vermoed dat meer as R150 000 se skade aan Bhejani aangerig is.  Weens moeilike toegang tot die perseel, kon Mbombela se brandweer nie die vuur betyds geblus kry nie. Behalwe vir De Kok wat ligte brandwonde opgedoen het in ‘n desperate poging om saam met sy werknemers te red wat daar te redde was, is niemand verder beseer nie. 

Die oorsprong van die brand is nog onbekend. Alle plaaslike owerhede, insluitend die weermag is op hoë gereedheidsgrondslag geplaas. ‘n Gesamentlike Operasiesentrum is opgestel om reddingspogings the koördineer. Tot verdere kennisgewing, is alle brandpermitte opgeskort.  

Rapporteer veldbrande aan Lefpa (Lowveld and Escarpment Fire Protection Association) by 086-066-3473. 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button