Hard newsNews

Situasie in parkie lyk beter

Die rommel in die parkie was ook 'n groot probleem, maar dit lyk asof daar nou iets daaraan gedoen is.

Na meer as drie maande wat Nelspruit Post oor die parkie in Ehmkestraat berig het, lyk die situasie al heelwat beter. Die skoenmaker is nie meer te sien nie, maar die twee onwettige snoepwinkels word nog bedryf.

Inwoners was ongelukkig oor die plakkers wat vir maande daar geboer het. Die rommel in die parkie was ook ‘n groot probleem, maar dit lyk asof daar nou iets daaraan gedoen is. Ten spyte van die mense wat steeds hul middagete in die parkie geniet, is die situasie heelwat beter as verlede maand.

Mnr. Jospeh Ngala, woordvoerder vir Mbombela, het gesê dat hulle die situasie van die onwettige snoepwinkels sal ondersoek en dat hulle verwyder sal word. Inwoners voel hulle betaal duur om in die area te woon en wil nie elke dag in so ‘n prentjie vaskyk nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button