Hard newsNews

Onwettige snoepwinkels word ondersoek

Alhoewel die situasie heelwat verbeter het, word twee snoepwinkels steeds onwettig bedryf.

Die munisipaliteit is uiteindelik gereed om ernstige stappe teen die onwettige snoepwinkels in Ehmkestraat te neem. Nelspruit Post berig sedert einde Julie oor die situasie in die parkie. Matrasse en komberse is in bome gebêre en die rommel was ‘n doring vir die oog. Bekommerde inwoners het gekla oor plakkers wat in die aande daar geslaap het.

Daar was mans wat mense se hare gewas en gesny het en ‘n skoenmaker wat dié koerant gedreig het toe daar ondersoek ingestel was.

Na baie vergaderings met die munisipaliteit, het die DA ook ingespring en ‘n petisie met 187 handtekeninge ingedien. Inwoners het ook gekla dat die antwoorde van die munisipaliteit dieselfde bly. Alhoewel die situasie heelwat verbeter het, word twee snoepwinkels steeds onwettig bedryf. Daar word skyfies, lekkers en sigarette verkoop wat dan ongewensde karakters na die parkie lok.

Volgens mnr. Joseph Ngala, woordvoerder vir Mbombela, het hulle al menigmale die mense verwyder, maar hulle keer na ‘n dag of twee maar net weer terug. Die munisiplaiteit is in die proses om ‘n beampte aan te stel wat op ‘n daaglikse basis aksie teen die onwettige bedrywighede in die stad gaan neem. Die skoenmaker wat altyd in die parkie gesit het, is nie meer te sien nie en die rommelstrooi het ook afgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button