Hard newsNewsUpdate

Inwoner se besorgdheid werp vrugte af

Die waterlek waardeur wie weet hoe baie water verlore gegaan het is afgedraai na die inwoner alarm gemaak het.

‘n Bekommerde inwoner se alarm maak oor ‘n waterlekkasie het vrugte afgewerp. Nelspruit Post het verlede week berig dat mnr. Pieter van Niekerk sowat ‘n maand gelede vir die eerste keer ‘n waterlek op sy staproete opgemerk het wat by die dag groter geword het.

Lees die vorige berig hier.

Die lek in Stonehenge het reg voor Acacia View in Van Rooyenstraat langs die grondpad wat wes na die Hermansburgpad loop, ontspring. Reguit daarvandaan is ook ‘n grondpad wat langs ‘n nuwe ontwikkelling verbyloop, voor dit Belladonnastraat word.

Van Niekerk het aanvanklik beide Sembcorp Silulumanzi en Mbombela-munisipaliteit daarvan verwittig en toe uit desperaatheid die koerant genader om ‘n oplossing te probeer vind. Sy moeite het nou vrugte afgewerp en hy het Donderdagoggend opgemerk die lek is gestop en die stroompie is droog.

Mnr. Richmond Jele, woordvoerder vir Sembcorp, het Maandag bevestig dat die wateraansluiting na dié pyp afgesluit is. “So ver het niemand nog gekla nie. Ons vermoed dit kon ‘n beoogde onwettige konneksie gewees het. Ons kan dit egter nie bevestig nie, aangesien daar in die verlede ou plaashuise in die omgewing was.”

“Ons almal saam het dit gedoen. Dis uitgesorteer, dis die belangrikste,” het Van Niekerk gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button