Hard newsNewsUpdate

OPVOLG: Nuwe beeldmateriaal bevestig dat Mariana Kotze wel in bus klim

Mariana Kotze is steeds vermis nadat sy in Mbombela op ’n LimeTime-bus geklim het, vermoedelik op pad na OR Tambo.

Bewyse begin stadig na vore kom in die raaisel rondom die verdwyning van Mariana Kotze, ’n voormalige deelnemer aan die gewilde kookreeks, Kokkedoor.

LEES OOK: Bekende Kokkedoor-deelnemer se verdwyning ruk gemeenskap

’n Skermskoot uit nuwe beeldmateriaal wat aan Laevelder verskaf is, bevestig dat sy met haar tasse gepak in ’n LimeTime-bus by Sonpark geklim het, nadat haar silwer Pajero Sport daar agtergelaat is.

‘n Administratiewe werker van die pendeldiens het haar herken en hul bestuurspan dadelik in kennis gestel. Die bestuur het hierop reageer en hulle volle samewerking aan die owerhede gebied.

Mariana Kotze sit in 'n LimeTime bus.
Mariana Kotze sit in ‘n LimeTime-bus. > Foto: Verskaf/iSecure

Die voertuig is vanoggend, 4 Februarie, deur ’n kliënt van iSecure opgemerk, waarna operasionele bestuurder Stephan Coetzer ingelig is. Videomateriaal toon hoe Kotze uit haar motor klim en na die bus beweeg.

LEES OOK: VIDEO: Vermiste Mariana Kotze se motor in Mbombela opgespoor

Beeldmateriaal van die pendeldiens se interne kamera het intussen bevestig dat sy tydens ’n vinnige stop in Middelburg, afklim- en weer opgeklim het.

’n Buskaartjie dui daarop dat sy moontlik op pad was na OR Tambo Internasionale Lughawe.

Mariana Kotze se buskaartjie. > Foto: Gia Radnai
Mariana Kotze se buskaartjie. > Foto: Gia Radnai

Intussen is daar ’n stemboodskap aan haar man, Boland, gestuur, wat vermoedelik moontlik deur kunsmatige intelligensie (KI) gegenereer is.

Kotze se verdwyning het die gemeenskap diep geruk en vrae laat ontstaan oor haar beweegredes. Haar man kon nie vir kommentaar bereik word teen die tyd van publikasie nie.

Die saak ontwikkel steeds, en verdere inligting sal gedeel word sodra dit bevestig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button