LYNDANS
Die aantreklike eienskappe van lyndans sluit in dat dit goeie ligte aerobiese oefening is wat die geheue, konsentrasie en beendigtheid bevorder. Die musiek is meestal gewild en lig en dansers vorder vanaf maklik bemeesterbare kort, stadige danse tot by lang, vinnige gevorderde danse.
LYDENBURG – Die lywe het behoorlik gewikkel tydens verlede Saterdag se lyndanskampioenskappe. ‘n Groep van 25 dansers het gebons dat dit gons en sodoende gekwalifiseer om in 2014 aan die wereldkampioenskappe deel te neem.
Lyndans is orals in die wêreld gewild en baie dansers skryf nuwe danse vir nuwe musiek. In Suid-Afrika is daar ‘n menigte klubs, informele groepe en demonstrasie-studio’s wat dit daagliks beoefen en duisende mense betrek. Dit is moontlik om in gereelde plaaslike, nasionale en internasionale kompetisies mee te ding.
Die aantreklike eienskappe van lyndans sluit in dat dit goeie ligte aerobiese oefening is wat die geheue, konsentrasie en beendigtheid bevorder. Die musiek is meestal gewild en lig en dansers vorder vanaf maklik bemeesterbare kort, stadige danse tot by lang, vinnige gevorderde danse.
Daar is ruimte vir enigeen van enige ouderdom om deel te neem, veral aangesien ‘n dansmaat onnodig is.
Die plaaslike lyndansklub, Saddleback School of Dancing, wil graag dievolgende borge bedank wat bygedrae het tot die sukses van die dag; Hoërskool Lydenburg, Lydenburg SUPERSPAR, Bilnor, Ikhanda, Esme Bezuidenhout en Trommeldik-tuisnywerheid.
Hulle wil ook graag al die onderwysers, ouers en kinders van die Jakkalskrans-sentrum vir al die hulp voor, gedurende en na die kompetisie bedank.