Families geniet Country-musiek legendes by Casterbridge
Rock This Country is 'n lewendige opvoering van die bekendste Country-musiek treffers.
WITRVIER – Voetstamp-lekker. So het honderde mense die vertoning van Rock This Country wat Vrydagaand by die PAC aangebied is, ervaar. Dit was ‘n jolige affêre met hoofsanger Danny Fisher asook sy medesangeresse wat hul goed van hul taak gekwyt het.
Die toevoeging tot die vertoning van dansers in klein en stywe uitrustings het ‘n paar wenkbroue gelig, en die danspassies wat deur hierdie akrobatiese jong vroue uitgevoer is, was volgens sommige toeskouers nie heeltemal geskik vir ‘n vertoning waar jong kinders teenwoordig was nie.
Navrae: Steynalive Productions by steynaliveproductions@gmail.com
Navrae: Steynalive Productions by steynaliveproductions@gmail.com





