EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Rina Hugo besoek Lydenburg

LYDENBURG – Rina Hugo en Jammies Jamneck, in samewerking met die Christelike Seemansorganisasie (CSO), bied eerskomende Sondag ‘n program genaamd “Maak plek vir Hom” aan. Die bekroonde kore van Laerskool Lydenburg, onder leiding van Suzaan Bronkhorst, sal ook die aand optree. Hugo is welbekend en geliefd in Suid-Afrika. Daar sal ook CDs van haar tydens …

LYDENBURG – Rina Hugo en Jammies Jamneck, in samewerking met die Christelike Seemansorganisasie (CSO), bied eerskomende Sondag ‘n program genaamd “Maak plek vir Hom” aan. Die bekroonde kore van Laerskool Lydenburg, onder leiding van Suzaan Bronkhorst, sal ook die aand optree.

Hugo is welbekend en geliefd in Suid-Afrika. Daar sal ook CDs van haar tydens die byeenkoms te koop wees.

Jamneck is ‘n veelsydige komediant, met sy mees uitstaande kenmerk – sy uitstekende vermaak, humor, en heerlike tong-in-die-kies stories.

Hy is ook ‘n bekende gesig op TV waar hy al opgetree het in gewilde programme soos Spies en Plessis, So Staan Die Manne, die bekende Maak ‘n Las en in Net virrie Grap.

Die CSO beywer hom uitsluitlik vir die verkondiging van die Evangelie by hawens en op skepe aan die kus van Suid-Afrika. Hulle doen baie moeite om Bybels onder die seemanne te versprei.

In 1944 het die Gereformeerde Kerke en die Hervormde Kerk in Kaapstad besef dat daar ‘n dringende nood was aan die verspreiding van die Woord onder besoekende seelui in die hawe.

Op 9 November 1944 het die gemeentes die Nederlandse Afrikaanse Seemanskomitee gestig, met die doel om voorsiening te maak vir die behoefte van Nederlandse soldate en seelui op pad na en terug van Indonesië. Al die werk is toe op ‘n vrywillige grondslag gedoen.

Vir baie jare het net die Nederlandse skepe aandag gekry, maar geleidelik het dit baie duidelik geword dat daar geweldige geleenthede is vir sendingwerk onder alle seemanne in die Kaapstadse hawe.

Die naam van die komitee is toe verander na die Christelike Seemans Welsynsorganisasie. Ongeag die gebruik van die woord “welsyn”, is daar meer aandag geskenk aan die geestelike welsyn as die fisiese welsyn van die seelui. Die werkswyse was ook meer geestelik van aard.

Toe die Welsynswet gewysig is, is die organisasie amptelik erken as godsdiensorganisasie en die woord “welsyn” is toe geskrap uit die naam. Sedert 1978 is die amptelike naam die Christelike Seemansorganisasie.

Volgens ds. Willie Botha gaan die deurkollekte Sondagaand ten bate van hierdie organisasie wat al baie jare wonderlike werk doen. Toegang is gratis. Die optrede vind Sondag plaas om 17:45 by die NG Moedergemeente.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button