Gholfers wys hul staal met klubkampioenskappie
Dit was ‘n lekker warm dag en spelers het elkeen 36 putjies gespeel om te bepaal wie die beste is. Dit is ‘n geleentheid wat jaarliks plaasvind en 46 spelers het vanjaar deelgeneem.

Saterdag, 15 Maart, was ‘n besige dag by Kambaku Gholfklub. Dit was ‘n lekker warm dag en spelers het elkeen 36 putjies gespeel om te bepaal wie die beste is. Dit is ‘n geleentheid wat jaarliks plaasvind en 46 spelers het vanjaar deelgeneem. Die mans en dames se A en B-divisies het vir medaljes gespeel, terwyl albei geslagte in die C-divisie, individuele Stableford gespeel het. Antoni Britz is as die klubkampioen vir 2014 aangewys en Rose Powell was die dameskampioen.
Uitslae
Mans A-divisie
Beste gross en klubkampioen – Antoni Britz met 152 punte.
Beste nett: Stephan Greyvenstein – 147 punte
Mans B-divisie
Beste gross: Ruan Steyn met 173 punte
Beste nett: Mauritz Mostert met 146 punte
Mans C-divisie
Individuele Stableford: eerste – Hendrik Kruger met 58 punte
Tweede – Chris Botha met 56 punte
Mans senior kampioen
Wenner – Van Dyk Kruger met 57 individuele Stablefordpunte
Dames silwer-divisie:
Beste gross en klubkampioen – Rose Powell met 160 punte
Beste nett – Tarryn Coetsee met 157 punte
Dames – brons-divisie
Individuele Stableford: eerste- Jeanette Kienhuis met 64 punte
Tweede: Annelie Viljoen met 64 punte.
Naaste aan die penne
Putjie 5 -Derik Goncalves
Putjie 8/16 – Chris Basson junior
Putjie 18 – Lizette Barnard.
