FeaturesInnibos NuusLifestyleLocal newsNews

Jeugtent by die fees spesiaal vir jonges

In 'n poging om na jongmense uit te reik, bied hierdie groep vroue, in samewerking met Innibos, Sanca en Bikers for Christ, 'n jeugtent aan waar tieners en jongmense lekker saam kan kuier.

NELSPRUIT – Vanjaar se Innibos Kunstefees is om die draai en talle besoekers kan nie wag tot Julie om saam met duisende ander in die feestelikheid te deel nie.

Oppi-Voete is ‘n inisiatief van ‘n groep ma’s van Hoërskool Nelspruit wat elke Maandoggend vir die skool en vir die gemeenskap bid.

In ‘n poging om na jongmense uit te reik, bied hierdie groep vroue, in samewerking met Innibos, Sanca en Bikers for Christ, ‘n jeugtent aan waar tieners en jongmense lekker saam kan kuier.

Hierdie is die eerste keer wat dié jeugtent deel is van die fees en die organiseerders benodig dus enige bydraes in die vorm van koffie, koekies en kontant.

Volgens Antonetta Malan, koördineerder van Oppi-Voete, is hulle glad nie teen die feit dat alkohol gebruik word by hierdie welbekende fees nie, maar wel bekommerd dat dit as eerste kennismaking misbruik kan word.

Navrae: Antonetta Malan by 060-506-2513.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button