Local newsLocal sportNewsSport

Impala’s wys hul slag in Ohrigstad

Die Impalas het op Saterdag 3 Mei 'n taai wedstryd teen hul opponente op Ohrigstad gehad.

Die Impalas het op Saterdag 3 Mei ‘n taai wedstryd teen hul opponente op Ohrigstad gehad. Daar was ‘n paar harde duikslae van albei spanne en Komati het goed presteer in die lynstane.

Die puntetelling was teen halftyd 6-0 in die guns van die gashere. In die tweede helfte het die Impalas hul agterstand ingehaal, toe Hannes Eloff ‘n drie druk en Tiaan Nel met sy skopskoen die bal netjies tussen die pale deurgestuur het. Dit het die spelers van Komati die leiding met 7-6 laat neem.

Die span het in geheel groot druk toegepas en nog twee strafskoppe deur Nel was ook suksesvol.

Die eindtelling was ‘n mooi oorwinning vir die Impalas met 13-6.

Die voorspeler van die wedstryd was Pieter Engels en die agterspeler was Tiaan Nel. Tot dusver het die span drie van hul vier ligawedstryde gewen.

Afrigter, Hein Dreyer se bors het geswel van trots. “Komati is die beste span waarvoor mens kan vra,” het hy gesê. Die kaptein, Cornè Dippenaar het al die lojale ondersteuners wat Ohrigstad toe gery het om hul span te ondersteun, bedank.

Uitslae

Impalas vs Ohrigstad

Komati wen 13-6

Punte: drie – Hannes Eloff, verdoel Tiaan Nel, strafskop Tiaan Nel (twee).

Die span se volgende wedstryd sal op Saterdag 10 Mei om 15:30 op hul tuisveld plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button