Local newsNewsSchool sportSport

Kleuter sportdag groot pret

Duideliker kon daad nie by hierdie woorde gevoeg word as op die jaarlikse Barberton Daisies-kleuterskool se sportdag nie.

BARBERTON – Die Amerikaanse skrywer Patrick Rothfuss het gesê: “When we are children we seldom think of the future. This innocence leaves us free to enjoy ourselves as few adults can. The day we fret about the future is the day we leave our childhood behind”.

Duideliker kon daad nie by hierdie woorde gevoeg word as op die jaarlikse Barberton Daisies-kleuterskool se sportdag nie.

Vroeg Donderdagoggend was dit reeds ‘n miernes van bedrywigheid by Bouwer Park. Hierdie jaar het altesaam 178 kleingoed in die pret gedeel.

Die dag was ‘n reusesukses met rugby, sokker en netbal wat op die mini-velde (wat tydelik aangebring is) gespeel is. Die kleinspan het gesorg vir baie lag en groot pret onder familie en vriende, maar het die sport baie ernstig opgeneem.

Met erns is die balle gejaag, dikwels ver buite die afgebakende lyne. ‘n Paar toeskouers het die wedstryde klaarblyklik nét so ernstig opgeneem soos die kinders, want dit het behoorlik geklink soos volwaardige klubwedstryde in die kleine.

Skole wat deel gehad het aan die dag, was Barberton Daisies, Kleutervriend, Barberton Kleuterskool, Little Geniuses, Hop, Skip & Jump en Gateway Christian School.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button