Skares sing saam tydens Innibos loodskonsert
Duisende het opgedaag om die gratis loodskonsert van Innibos 2014 by te woon.
MBOMBELA – Innibos se loodskonsert Vrydagaand het hierdie jaar se feestema in die kol opgesom: enige iets is moontlik Innibos. Dit het organiseerders se wildste verwagtinge oortref deurdat letterlik duisende mense op Hoërskool Bergvlam toegesak het om ‘n voorsmakie van wat hierdie jaar se fees gaan bied, te kry.
Hulle het lustig saam met treffers soos “Wat die hart van vol is”, “Net vir jou’ en ‘I feel good today” gesing. Pieter Koen, Blackbyrd en Bobby van Jaarveld het vir topgehalte-vermaak gesorg. Frikkie is die feesvarkie met vlerke en hoewel feesgangers se varkies Vrydagaand nié op hok was nie, was hulle dit eens dat die konsert eenvoudig varktasties was!
Lees in vandag se Laevelder meer oor die konsert en sien wie almal daar was.
Kyk hier na nog foto’s van die gehoor en kunstenaars hier.
Sien ook ‘n video van die konsert hieronder:
