Editor's choiceLocal newsNews

Armste armes sit sonder krag

Daar bly tans ongeveer 77 wat bejaardes, kinders, gestremdes en mense sonder enige inkomste of heenkome insluit. Daar is ook ‘n agt week oue baba in die kamp.

LYDENBURG – Die Lelievlei-deurgangskamp vir hulpbehoewendes sit hierdie winter sonder krag.

Die organiseerders het ‘n rekening van by die R50 000 van die raad gekry. Hulle kon dit nie betaal nie en nou is die krag afgesny.

Mnr. Frik Rousseau, direkteur van dié kamp, se hulle het nog nooit vir enige elektristeit betaal nie omdat hulle nie gedink het dit is nodig nie. Nou het hulle die rekening gekry en daarna het Thaba Chweu Munisipaliteit (TCM) die kragtoevoer gestaak.

Rosseau verduidelik dat ‘n toeloop van behoeftiges weens die ekonomiese insinking van van 2008 hulle genoodsaak het om na die huidige terrein te verskuif. Die kamp het op 13 Maart 2009 ‘n kontrak met die stadsraad gesluit. In 2011 is daar vir die eerste keer krag na die kamp aangelê. “Ons het aangeneem dit is gratis omdat dit juis ‘n deurgangskamp vir behoeftige mense is,” sê Rousseau.

Groot was sy ontnugtering toe inwoners van die kamp hom skakel en meedeel dat die krag afgesny is. Rousseau het by die stadsraad navraag gedoen en volgens werknemers van die munisipaliteit was die kamp glo R50 200 in die rooi.

Hy het die bedrag betwis omdat Lelievlei lank reeds bestaan het voordat die krag aangelê is. Dié aansluiting is deur dokumente gestaaf. Die stadsraad het na aanleiding van die dokumentasie die uitstaande bedrag na R27 000 verminder.

Dit is egter steeds ‘n probleem vir die noodkamp. Daar bly tans ongeveer 77 wat bejaardes, kinders, gestremdes en mense sonder enige inkomste of heenkome insluit. Daar is ook ‘n agt week oue baba in die kamp.

Alhoewel Lelievlei nooit enige luukse elektriese toestelle gehad het nie, was dit ‘n troos dat die daar kos in die eetsaal was. Die kamp gebruik al vir jare ‘n donkie vir warm water en beskik nie oor enige elektriese warmwaterstelsels nie.

Rousseau vertel dat die kamp nou moet staatmaak op gas om die mense van etes te voorsien. “Dit kos sowat R2 000 per maand vir ons om die gasbottels te hervul. Ek is seker dat die bietjie krag wat ons tydens etes gebruik het minder sou beloop.”

Hy meen dat hy onder die indruk was dat Lelievlei sou kwalifiseer onder die “indigent”-beleid wat voorsiening maak vir basiese dienste vir bejaardes, gestremdes, kinders en arm inwoners.

“Aandetes moes noodgedwonge na 16:30, terwyl dit nog lig is, skuif. Dit gebeur baie dat mense wat laat van die werk af kom ‘n koue bord kos te wagte kan wees. Vir die kinders is dit veral moeilik. Hulle begryp nie waarom daar nie ligte is nie. Die toilette is ook pikdonker en inwoners moet maar staatmaak op kerslig as hulle die geriewe wil besoek.”

Rousseau meen dat sekere werknemers van die munisipaliteit wel baie behulpsaam was met sy navrae. “Mike Mashilo, Deborah Dolamo en Jacki Jacobs het baie bystand gebied. Louise Prins en Lenie Nel van Absa het ook vir ons al die bankstate en dokumentasie voorsien. Advokaat Anton Alberts, parlementslid van die VF+, het ook gratis sy regsadvies gegee. Daar kan egter net soveel gedoen word. Ons is nie seker wanneer en of ons ooit weer elektrisiteit gaan hê nie. Ons het net nie die finansies om dié enorme bedrag te vereffen nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button