Kruger-saak uitgestel
Me. Martie Kruger (47) het Woensdag 20 Augustus, weer in die hof op aanklag van die moord op haar man, die bekende sakeman, mnr. Hennie Kruger (50), verskyn.

MALALANE – Me. Martie Kruger (47) het Woensdag 20 Augustus, weer in die hof op aanklag van die moord op haar man, die bekende sakeman, mnr. Hennie Kruger (50), verskyn.
Die saak is weer tot 29 September vir verdere ondersoek uitgestel.
Sy is op Maandag 12 Mei by hul huis in Maroelastraat vir die skietdood van haar man gearresteer, volgens polisiewoordvoerder brig. Selvy Mohlala.
“Kruger het die insident as’n gru-ongeluk beskryf.” sê hy.
Hy het verder aan Corridor Gazette se susterkoerant, Laevelder gesê, “‘’n Voorafgaande ondersoek het aangedui dat sy haar eie lewe wou neem, en dat daar ‘n argument tussen die twee plaasgevind het.”
Volgens Kruger het die wapen per ongeluk afgegaan. Mohlala het bygevoeg dat die saak onveranderd bly.
