Hard newsLocal newsNews

Tragiese ongeluk in Komatipoort

Die aanbreek van lente spreek van nuwe lewe, maar die gebeure laatmiddag op 2 September wat 'n tragiese verloop kon gehad het, gaan voortaan 'n onaangename herinnering vir 'n paar inwoners van die dorp inhou.

KOMATIPOORT – Die aanbreek van lente spreek van nuwe lewe, maar die gebeure laatmiddag op 2 September wat ‘n tragiese verloop kon gehad het, gaan voortaan ‘n onaangename herinnering vir ‘n paar inwoners van die dorp inhou.

Daar is hard dié middag kort voor vyf op Komatie Akademies se sportveld sokker geoefen toe ‘n goudkleurige Audi sy opwagting in Skoolstraat maak. Dit het ‘n paar keer op en af gejaag en ooggetuies op die krieketveld reken dat dit minstens tussen 90 en 100 kilometer per uur moes gery het. Die bestuurder het voorts in die rigting van Rissikstraat voortgesnel en by die stopstraat beheer oor die voertuig verloor. Dit het in sowat vier motors ingeploeg.

‘n Haarkapsters wat saam met nog ‘n person voor Turning |Heads-haarsalon gestaan het, moes haarself vinnig uit die pad maak om ‘n verdere tragedie te voorkom.

Die bestuurder van die motor het dit wederregtelik en sonder toestemming van die eienaar gebruik. Dié het kort na die ongeluk, duidelik ontsteld, op die toneel aangekom. Die skuldige is vir alkohol getoets en op die toneel in hegtenis geneem. Alkohol is vermoedelik ook binne die motor gebruik, aangesien ‘n bierblik aan die bestuurder se kant gevind is en die inhoud daarvan oor hom en binne die motor gestort is.

Die persoon aan die passasierskant was ‘n familielid van die bestuurder en het hoofbeserings opgedoen terwy ‘n vrou wat agter gesit het, ‘n besering aan die arm gehad het. Dokters was gelukkig naby en het die beseerdes op die toneel gestabiliseer, waarna Securicon Lowveld se ambulansdiens hulle na die hospitaal vervoer het.

Die Audi was ongelisensieer en het reeds op 2 Julie verval. Dit is vermoedelik dieselfde motor wat die afgelope tyd tot dorpenaars se ontsteltenis hul rus en vrede verstoor het terwyl die krag daarvan in die strate getoets is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button