Editor's choiceLocal newsLocal sportNewsSport

Lekker gees heers tydens jaarlikse rolbaldag

“Die doel hiervan is om ‘n lekker samesyn tussen personeel, hoofde, beheerliggaam, admin en koshuispersoneel van die twee skole te bewerkstellig."

LYDENBURG – Die plaaslike hoërskool en laerskool het onlangs die bal aan die rol gesit en gesorg vir groot pret wat waarskynlik nou as tradisie verklaar gaan word. Personeel van dié twee skole het mekaar in goeie gees en ligte luim, die stryd op die rolbalbaan aangesê met die doel om mekaar beter op sosiale vlak te leer ken.

Volgens Cornell Ackermann, wat as die hoërskool se organiseerder opgetree het, is dit ‘n nuwe instelling wat hul wel beoog om een keer per jaar getrou na te kom. “Die doel hiervan is om ‘n lekker samesyn tussen personeel, hoofde, beheerliggaam, admin en koshuispersoneel van die twee skole te bewerkstellig. Hierdie jaar was die eerste van vele en ons hoop ons kan dit ‘n tradisie maak,” het sy gesê.

Sy meen ‘n dag soos hierdie waar goeie gees heers, skep die geleentheid om mekaar te leer ken en net die samesyn te geniet. Spanne het uit vier lede elk bestaan en dit was ook elke span se verantwoordelikheid om ‘n oorspronklike spannaam en bypassende uitrusting uit te dink. Die hoërskool bedank graag Spur, Dros en Duet Health Spa wat as borge opgetree het en die dag moontlik gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button