Hard newsLocal newsNews

Riool ‘n groot probleem vir huishouding

Mev. Linda van der Bank en haar gesin is al vir 22 dae in die riool gelos na 'n loodgieter en die munisipaliteit menigmale al ondersoek ingestel het.

KOMATIPOORT – Mev. Linda van der Bank en haar gesin is al vir 22 dae in die riool gelos na ‘n loodgieter en die munisipaliteit menigmale al ondersoek ingestel het.

Die gesin se huis is in ‘n gebied met woonkomplekse geleë en na bewering loop hulle drein oor van hul bure se riool. Dit veroorsaak dat die gesin se agterplaas en oprit oorstroom word.

Sy het Dinsdagoggend gesê, “Dit stink nou al so erg, as ons in die oggend opstaan en verby die drein loop om in die kar te klim vir werk en skool vir die kinders, gooi ons letterlik op! Dit raak nou ondraaglik! Ek gaan weer vanmiddag dokter toe. Die kinders se magies werk, ek en my man s’n ook, ons gesin bly siek!”

Van der Bank het verduidelik dat sy elke dag hulle oprit met ‘n tuinslang moet skoonspuit net om in die huis te kan beweeg. Sy sê, “Ek vermoed dit is die mense van Villas Pequenas nommer 9 se drein. Toe ek daar wou gaan kyk, kon ek egter geen gat vind waar daar enige dreinysters kan ingaan nie. Ek sou graag wou verneem wie die konneksies gedoen het, en of dit wettiglik gedoen is?

Wanneer ek by die stadsraad navraag doen, sê hulle daar is geen planne vir die perseel op rekord nie en dat hulle my dus nie kan help met die uitleg om vas te stel waar die probleem lê nie. Marius Kruger en sy span het my gehelp waar hulle kon. ‘n Ander persoon was ook verskeie kere met ‘n ‘Honeysucker’ hier, maar vanaf 7 September tot vandag, sit ek steeds met riool wat in my ingang loop, en ek het nie ‘n oplossing gekry nie!”

Sy sê vreemde voorwerpe kom uit die drein uit, soos speelgoed, Rice Crispies, pendoppies, sigaretstompies en sigaretpakkies se papiertjies. “Ek rook nie, my kinders eet nie Rice Crispies nie en my kleintjies speel nie naby die drein nie. Wat moet ek doen? Waar kan ek die bouinspekteur kontak as daar probleme met ‘n gebou is, of planne bekom? Die huise is meer as ses jaar al hier, hoe is daar nie by Kruger hulle enige opgedateerde uitleg beskikbaar nie?

Ek hoop iemand kan my help. Ons hele gesin het al diarree en ‘n maagseer van al die reuke wat ons hier inasem! Ons erf is nie groot nie en ons moet verby die gemors beweeg om in die erf en huis te kom.”

DA raadslid, Mariette Preddy het die klag ondersoek en volgens haar het sy die regte stappe gedoen om die probleem onder die aandag van die korrekte presoon te bring. “Die DA het die klag aan die Inkomati-opvangsgebiedbestuursagentskap (ICMA), waterwese en die Openbare Beskermer oorgehandig. Op die oomblik lyk dit na ‘n dorpsbeplanningskwessie, maar ons sal nie verseker weet tot ‘n volledige ondersoek gedoen is nie. Dit is duidelik dat vrae gevra moet word. Die gesin ly as gevolg van swak dienslewering.”

Woordvoerder van die plaaslike munisipaliteit, Cyril Ripinga het gesê hy was onbewus van die situasie en hy sal ondersoek instel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button