Hard newsLocal newsNews

Pasop vir skelmstreke

Dit is Maandag onder die Barberton DBV se aandag gebring dat ‘n persoon wat homself voordoen as ‘n verteenwoordiger van die DBV voordoen, mense in die dorp skakel om ‘n kalender vir 2015 te smous.

Dit is Maandag onder die Barberton DBV se aandag gebring dat ‘n persoon wat homself voordoen as ‘n verteenwoordiger van die DBV voordoen, mense in die dorp skakel om ‘n kalender vir 2015 te smous.

Marlies Liebenberg van die DBV het gesê hulle dra geen kennis van so ‘n publikasie nie.

“Dit is teen ons regulasies dat enige persoon of instansie sonder ons goedkeuring of deelname iets probeer namens ons tak probeer verkoop. Ons is nie deel van die projek nie en kry geen voordeel daaruit nie. Ons spreek ons ook sterk uit teen die onwettige gebruik van ons DBV-tak se naam vir hierdie bemarking,”

Liebenberg het ook gese dat mense hierdie bestellings op eie risiko by hierdie telefoonsmous plaas en dat die DBV nie verantwoordelik gehou sal word vir enige problem wat mag opduik nie.

Nog ‘n slim slenter het verlede week in die dorp kop uitgesteek toe twee baie netjies geklede “sakemanne” probeer het om goedere by Laeveld Smous te koop met wat vermoedelik vals tjeks was. Volgens Verona Beukes, wou die mans ‘n klanksisteem en ander TOEbehore aanskaf van net oor die R4 000, maar was geensins geintereseerd dat die tegnikus dit toets voor dit die winkel verlaat, soos die normale prosedure is, nie. Die tjek wat aangebied is, was verfrommel en toe hulle ingelig is dat tjeks nie aanvaar word nie, maar dat hulle dit kontant kan uitmaak en kan wag terwyl die assistent daarmee bank toe gaan, het hulle dit van die hand gewys.

“Hulle is daar uit met die belofte om self bank toe te gaan en later terug te kom. Nodeloos om te sê wag ons nou nog, maar dit was duidelik soos daglig dat daar ‘n slang in die gras was,” sê Beukes wat ander besighede gewaarsku het om op die uitkyk te wees vir dié twee ongure karakters.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button