FeaturesInnibos NuusLifestyleLocal newsNews

Kuns gemaak uit koerantpapier (sien video)

Van hasies wat uit koerant bestaan tot koerantpapierhangertjies kan verwag word en dit is beslis nie die gewone produkte wat op feeste verkoop word nie.

MBOMBELA – Om werk in ons gemeenskap te skep is meer werd as enige iets anders. Laevelder, Innibos en die Departement van Kuns en Kultuur het sedert Februarie hande gevat en saam ‘n gemeenskapsprojek aangepak.
Arts in Mpumalanga (AIM) is ‘n nie-winsgewinde organisasie wat daarop gemik is om kuns en handwerk te bevorder in die ekonomiese sektor van Mpumalanga.

Dié organisie vorm deel van die departement. Sedert die begin van die jaar wy ongeveer 25 lede van AIM hulle daaraan toe om produkte van koerantpapier te maak.
Hierdie produkte sal dan ook by vanjaar se Innibos verkoop word.

3 (Small)

Plaaslike kunstenaar, Adri Goosen, spandeer elke Maandag minstens drie uur saam met die lede waar sy hulle help met die maak van die produkte.
Sy gee opleiding en help hulle om inoverend te dink. Laevelders kan beslis uitsien na unieke produkte wat als uit koerantpapier gemaak is.

Van hasies wat uit koerant bestaan tot koerantpapierhangertjies kan verwag word en dit is beslis nie die gewone produkte wat op feeste verkoop word nie. Hierdie projek gaan ook blootstelling aan die lede van AIM gee om ná Innibos hulle produkte verder te versprei.
Alle fondse wat ingesamel word sal ook aan AIM gaan.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button