FeaturesInnibos NuusLifestyleLocal newsNews

Koerantpapier handsakkies binnekort te sien (video)

Die lede weet beslis hoe om met hulle hande te werk en hoe om iets eenvoudig in iets pragtig te omskep.

MBOMBELA – Lede van Arts in Mpumalanga (AIM) het nou ‘n nuwe taak op hande en dis om meer as 500 handsakke uit koerantpapier vir die Sappi-Laevelder Moedersdag-konsert wat op 10 Mei plaasvind, te maak.

Laevelder, Innibos en die Departement van Kuns en Kultuur het sedert Februarie hande gevat en saam ‘n gemeenskapsprojek aangepak. AIM is ‘n nie-winsgewinde organisasie wat daarop gemik is om kuns en handwerk in die ekonomiese sektor van Mpumalanga te bevorder.

Dié organisie vorm deel van die departement. Sedert die begin van die jaar wy ongeveer 25 lede van AIM hulle daaraan toe om produkte van koerantpapier te maak. Dit sal dan ook by vanjaar se Innibos verkoop word.
Maar vir nou fokus hulle op die handsakke wat by die konsert uitgedeel gaan word. Elke lid van AIM sal dan
R2 kry vir elke handsak wat hulle maak.

Adri Goosen, ‘n plaaslike kunstenaar, spandeer een keer per week ‘n paar uur saam met die vroue om hulle touwys te maak. “Ons het ‘n bietjie gesukkel aan die begin, maar ons het nou 10 artikels gekies vir Innibos waarop elke lid nou kan fokus. “Dit maak alles net baie makliker,” sê sy. Sy is ook trots op die lede en kan sien hoe van hulle nou hulle eie identiteit en talente begin ontdek.

Alle fondse wat by Innibos ingesamel word, sal aan AIM gaan. Daar sal ‘n stalletjie by die fees wees waar die interessantste kunsartikels te koop gaan wees. Dit gaan beslis iets buiten-gewoon en oorspronklik wees. Die lede weet beslis hoe om met hulle hande te werk en hoe om iets eenvoudig in iets pragtig te omskep.

Sien ook: Kuns gemaak uit koerantpapier

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button