FeaturesInnibos NuusLifestyleLocal newsNews

Papierkuns gee ekstra kleur aan fees

Van hasies tot papierhangertjies kan verwag word en dit is beslis nie die gewone produkte wat op feeste verkoop word nie.

MBOMBELA – Die koerantprojek wat 45 lede van die Arts in Mpumalanga- (AIM) organisasie aan die begin van die jaar aangepak het, verloop nou beter as ooit. Alhoewel daar nou net 12 lede oor is, is plaaslike kunstenaar, Adri Goosen baie opgewonde oor die eindproduk. Hulle maak verskillende items uit koerantpapier wat by vanjaar se Innibos verkoop gaan word. Goosen bring deesdae elke dag saam met die lede deur en help hulle om aan oorspronklike idees te dink.

IMG_0814 (Medium)

Laevelder, Innibos en die departement van kuns en kultuur het sedert Februarie hande gevat en saam hierdie gemeenskapsprojek aangepak. AIM is ‘n organisasie sonder winsbejag wat daarop gemik is om kuns en handwerk in die ekonomiese sektor van die provinsie te bevorder. Van hasies tot papierhangertjies kan verwag word en dit is beslis nie die gewone produkte wat op feeste verkoop word nie. Hierdie projek gaan ook blootstelling aan die lede van AIM gee om ná Innibos hul produkte verder te versprei.

Alle fondse wat ingesamel word, sal aan AIM gaan. Hulle het nou 10 items waarop hulle fokus wat by die fees verkoop gaan word. Hulle het hierdie maand meer as 500 koeranthandsakke gemaak wat by die Sappi-Laevelder Moedersdagkonsert uitgedeel is. Elke lid het R6 ontvang vir elke handsak wat hulle gemaak het.

IMG_0815 (Medium)

“Toe ek die Maandag hier instap met hulle geld, het hulle gesiggies dadelik opgehelder en hulle was trots op hulself,” het Goosen vertel. Sy is ook beëindruk met dit wat die lede tot dusver bereik het en sy hoop om ná Innibos steeds vir hulle opleiding te gee sodat hulle ‘n inkomste kan verdien. Sy sien die potensiaal in elkeen raak en sy glo dat dié produkte soos soetkoek gaan verkoop.

Laevelders kan beslis uitsien na unieke produkte wat alles uit koerantpapier gemaak is. Hulle het nog baie werk wat voorlê, maar met toewyding en uithou-vermoë, gaan hulle gereed wees.

IMG_0852 (Medium)

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button