Editor's choiceLocal newsLocal sportNewsSport

Ohrigstad Rugby Klub vermors Bosveld span

In die eerste helfte het Jaun van Zyl ‘n strafskop vir Ohrigstad oorgeklits, waarna WK de Jonge ‘n drie gedruk het wat deur Martin van den Berg verdoel is

OHRIGSTAD – Die plaaslike rugbyklub het verlede Saterdag op hul tuisveld met die Bosveld-span van Hoedspruit Lumagbasis met 16-7 afgereken.

In die eerste helfte het Jaun van Zyl ‘n strafskop vir Ohrigstad oorgeklits, waarna WK de Jonge ‘n drie gedruk het wat deur Martin van den Berg verdoel is.

Ongelukkig is die eerste helfte deur beserings van die Ohrigstad-spelers gekenmerk. Albei die senters, Jaun van Zyl en WK de Jonge is van die veld af en daarna moes die spelers hulself posisioneer om weer op volle sterkte te kom.

Rustyd het Ohrigstad met 10-0 voorgeloop. In die tweede helfte het die Bosveld-span vroeg ‘n drie gedruk en verdoel. Daarna het Martin van den Berg met twee strafskoppe geslaag om die telling op 16-7 te staan te bring.

Die speler van die wedstryd was Koos van der Wal van Ohrigstad. Die volgende kragmeting van Ohrigstad vind op 6 Junie teen Riverside-rugbyklub in Mbombela plaas. Die wedstryd sal om 15:30 afskop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button