FeaturesInnibos NuusLifestyleLocal newsNews

Ambagsmanne wys hul slag by die fees

Met die My Heart My Art-program help die departement kunstenaars om hul werk aan 'n groter publiek bekend te stel.

Die department van sport en kultuur, wat vanjaar hulle borgskap van Innibos verdriebuddel het teenoor vorige jare, ondersteun ook ambagsmense as deel van hulle My Heart My Art-program. Die departement het elke jaar ‘n stalletjie by die fees waar hul kunstenaars die kans gegun word om hul werk aan ‘n groter publiek bekend te stel.

Enoch Ngwenya maak allerhande dinge uit draad. By die stalletjie is nie net stewige tafels en stoele wat uit blauwdraad deur hom gevorm te koop nie, maar hy maak ook tafelversierings en selfs speelgoed in die vorm van die immer-gewilde draadkar.

Jabu Magongo wat in Schoemansdal woon is ook ‘n leerling-modeontwerper. Sy werk tans onder Nelly’s Gweeje House of Art wat leerder-kursusse in mode-ontwerp aanbied en klere verkoop wat strek vanaf tradisionele kleredrag tot manspakke. Hulle doen ook ontwerp in juweliersware sowel as huismeubels en -ontwerp. Jabu spits haar veral toe op hout juweliersware en interessante hoede.

Shiela Thwala van KaNyamazane maak halssnoere, klokkies, skoene – regtig enigiets wat met kraletjies versier kan word. Sy sê sy meng tradisionele siSwati, siZulu en Ndebele kraletjiekunds met modern style om haar ontwerpe te maak.

Julius Mamba kom vanaf Nkomazi. Hy werk hoofsaaklik met leer en hout om meubels, kosbakke en ook skilde van leer te maak. Die tradisionele houtbak umqwembe is veral gewild om vrugte in te bedien.

Andrew Mashile werk ook met leer. Hy maak nie net moderne en modieuse skoene nie, maar enigiets anders van belte, handsakke en selfs pistoolsakke. Dignity Twala werk vanuit Besterstraat naby die Promenade in Mbombela se middestad. Vind haar oorkant die KFC.

Christina Mahlangu het al die pad van Kwaggafontein in Thembisile Hani af gereis om haar kralewerk by die fees te kom uitstal. Sy versier graag alledaagse voorwerpe en ornamente daarmee.

Vanjaar kan dié stalletjie langs die KMIA-verhoog gevind word op die feesterrein. Moet dit nie misloop nie.

Kontak:

Andrew by mashileaglc@webmail.co.za

Enoch by 082-736-9271

Jabu deur nelisiwemkhatshwa@yahoo.com

Julius by 076-202-9626

Shiela by shielathwala@yahoo.com.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button