Kliënte wen groot pryse in maandelikse kompetisie
MALALANE – Drie gelukkige kliënte van Mascor Komatipoort en Malelane het weer groot pryse in die besigheid se gereelde kompetisies losgeslaan. Die trekking het vroeër verlede week plaasgevind en is deur Jan en Chris Engelbrecht uitgevoer. Pryse is op Donderdag 3 Augustus oorhandig. Enock Obert van Blok C in Naas, ‘n werknemer by die SAPS, …

MALALANE – Drie gelukkige kliënte van Mascor Komatipoort en Malelane het weer groot pryse in die besigheid se gereelde kompetisies losgeslaan.
Die trekking het vroeër verlede week plaasgevind en is deur Jan en Chris Engelbrecht uitgevoer. Pryse is op Donderdag 3 Augustus oorhandig. Enock Obert van Blok C in Naas, ‘n werknemer by die SAPS, het die eerste prys in die wen-‘n-bromponiekompetisie verower.
Hy het breed geglimlag toe Cornelis Botha, bestuurder van Komatipoort, ‘n splinternuwe rooi en wit Big Boy-bromponie aan hom oorhandig het.
Mnr. Leon Stolz het in die tweede plek, ‘n brandstofgeskenkbewys ter waarde van R1 000, gewen. December Mdaka van Blok B in Naas, werksaam by Crookes Brothers, het die derde prys – wat ‘n R500-brandstofgeskenksbewys- is. Kliënte wat R300 of meer by Mascor spandeer, deur die Caltex-vulstasies of Fresh Stop in Malelane en Komatipoort of die Debonairs in Malelane-gerieflikheidswinkel te ondersteun en hul strokies in te dien, kom in aanmerking vir die pryse. Gedurende September is daar ‘n groot prys op die spel wat veral die hengelaars in die omgewing baie opgewonde sal maak. ‘n Vyf-dag hengelvakansie by die Paindane Vakansieoord by Inhambane in Mosambiek, kan gewen word. Dit sluit vervoer, akkommodasie en visvangekspedisies in. Die kompetisie sluit op 30 September en die prystrekking sal op 1 Oktober plaasvind. Dit vind by Mascor Malelane en Komatipoort plaas. Oktober en November loods die maatskappy hul skoolkompetisie waar ouers skoolgelde vir 2016 as eerste prys in die sak kan steek. Dit sal gewis ‘n goeie meevallertjie wees na die Desember-vakansie en Kersfees-uitgawes, en is definitief nie te versmaai nie. Mascor bedank al hul kliënte vir hul gereelde ondersteuning, asook die borge wat die kompetisies moontlik maak.


