Editor's choiceLifestyleLocal newsLocal sportNewsPeopleSport

Top spelers kry erkenning tydens jaareindfunksie

Die klub se bestuur sien baie uit na die 2016-rugbyseisoen en oefeninge begin op 5 Januarie 2016. Alle belangstellendes is welkom om aan te sluit

OHRIGSTAD – Om hulle goeie vertoning in die Mpumalanga Laeveld-rugbyligaseisoen, het die plaaslike rugbklub die jaar op ‘n hoogtepunt met ‘n gesellige funksie by Lamb and Ale Restaurant afgesluit.

Tydens die geleentheid is spelers vir hulle harde werk beloon en die bestuur het almal bedank wat betrokke by die klub se sukses was. Die Ohrigstad Rugbyklub het tot die finaal teen die Impalas van Komatipoort deurgedring, maar na ‘n harde wedstryd het die Impalas met 25-10 geseëvier.

Die klub se bestuur sien baie uit na die 2016-rugbyseisoen en oefeninge begin op 5 Januarie 2016. Alle belangstellendes is welkom om aan te sluit.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button