Editor's choiceLocal newsNews

2015: Medical anomalies have readers hooked

Here are some of this past year's medical stories that sparked interest in the Lowveld.

MBOMBELA – At the heart of its community, Lowvelder often encounters or is informed of patients with medical occurrences so unusual, unheard of or generally misunderstood by society, that the paper cannot but report on it – be it to inform or inspire readers, or in some cases appeal for assistance. The paper compiled a collection of these unusual medical conditions or occurences that sparked interest with readers throughout 2015.

Mbombela-vrou met marmerbeensiekte beskou haar doofheid as roeping
Laevelder-joernalis Aliche Bezuidenhout het in Oktober berig oor Adelaine van Zyl, ‘n enkelouer met osteopetrosis (‘n genetiese toestand wat beengroei aantas en veroorsaak dat dit verdik) wat doof is as gevolg daarvan, en wat tans werk en studeer om ‘n geoktrooieerde rekenmeester te word. Daar is slegs 100 gevalle wêreldwyd aangeteken, 78 daarvan in Suid-Afrika, van wie 31 nog leef.

IMG_8122-Medium
Groundbreaking medical procedure is all in the wrist
Lowvelder journalist Stefan de Villiers reported in January on Dr Fanie Fourie, a local cardiologist who became the first doctor in Mpumalanga to perform a life-changing interventional radial angiogram. During this procedure, a patient received a stent via the wrist area through the radial artery towards the coronary arteries surrounding the heart.
This is a fairly new, minimally invasive procedure which is also referred to as a radial artery catheterisation. This breakthrough holds major advantages regarding the patient’s mobility, bleeding and comfort level.

IMG_323_591083920
Woman (29) shares battle with very rare disease
In February news editor Nicolene Smalman reported on International Rare Disease Day and former Mbombela resident Jenna Schmidt (29) who suffers from stiff persons syndrome (SPS), a very rare neurological autoimmune disorder. As the name suggests, the disease causes periodic muscle stiffness and spasms. Jenna has a Facebook page on which she shares videos of these episodes of stiffness and it is clear that she has to endure excruciating pain.

jenna

 

Vroeggebore drieling steel harte op Facebook
‘n Paartjie wat jare lank gesukkel het om swanger te raak het in Februarie ‘n drieling in Rob Ferreira Hospitaal ryker geword. Hoewel die drie relatiewe goeie geboorte-gewig gehad het, kon hulle nie self asemhaal nie en is dadelik in die intensiewe sorgeenheid aan ventilators gekoppel. Een van hulle – Juandré, het egter na 18 uur weens komplikasies gesterf. Luandré is toe Juandré genoem. Chariske Small was slegs 29 weke swanger en het drie dreigende miskrame in hierdie tyd gehad. Die twee oorblywende babas het hartsnare aan die roer gehad en sterstatus op die Facebook-groep “Nelspruiters” behaal. Nicolene Smalman het hieroor berig.

10968312_10152740551045959_5617980900264088305_n-Medium

 

Seuntjie laat hom nie deur siekte onderkry
Stefan de Villiers berig in April oor MJ de Waal (5) wat op die ouderdom van ses weke met ‘n uiters skaars siekte, glutaarsuururie tipe 2 (GA2) gediagnoseer is. Dit veroorsaak dat vette en proteïne nie in energie omgesit kan word nie. Suiker is sy enigste energiebron en daarom leef hy as’t ware van maaltyd tot maaltyd. Hy oefen elke dag om sy spiere sterk genoeg te kry sodat hy self sy kop kan regop hou. Hy moes al sy mylpale – soos om te kan rol, loop en eet – met behulp van terapeute en baie ure se oefening bereik. Daar is tans geen geneesmiddel vir MJ se siekte nie, net baie terapie.

MJ4-Custom
Uiters rare siekte kry haar nie onder nie
Toe die dokter vir me. Heila Botha in 2012 met die seldsame Huntington se siekte (HS) diagnoseer, het sy nie veel gevoel nie – deels omdat sy nie geweet het wat dit beteken nie, en ook omdat die siekte haar reeds emosioneel gevoelloos gemaak het. Laevelder het in Mei berig dat dit maar een van vele newe-effekte van dié toestand is wat ‘n mens se brein aantas. HS, ook genoem Huntington se chorea, is ‘n genetiese en ongeneeslike breinsiekte wat lyers se spraak, beweging en kognitiewe funksie beïnvloed.
Chorea beteken “dans” in Grieks, as gevolg van die “dansbewegings” wat met die siekte gepaardgaan. Dit belemmer die funskie van ‘n groot hoeveelheid breinselle, wat hulle uiteindelik vernietig. Die gevolg is vertraagde motoriese funksies, spraak en emosionele gevoelloosheid. Omdat HS ‘n aggressiewe siekte is, word lyers uiteindelik afhanklik van die sorg van ander.

Heila-Custom
Ouers se wense word vervul toe drieling hul opwagting maak
Henno en Lizelle Radley het in Augustus die trotse ouers van ses – vyf dogters en ‘n seun – geword na die geboorte van ‘n drieling – Lana, Henno jr. en Bella op 36 weke in Mediclinic Nelspruit. Hoewel Henno jr. weens infeksie in sy longe vir ‘n paar dae in die hoësorgeenheid opgeneem is, is dié drietjies nou perdfris en dolgelukkig tussen sussies Nienke (5), Nikita (3) en Katrien (1) by die huis. Henno erken egter dat dit ‘n groot verrassing was, veral vir sy vrou, toe hulle op ses weke uitvind dit is ‘n drieling. “Lizelle het vir die dokter gesê hy maak seker ‘n grap en het histeries begin giggel.”

three
Kindersiekte verander vrou se lewe in ‘n oogwink
Een van die mees algemene kinder-siektes het ‘n vrou van Lydenburg se lewe onherroeplik verander. Didi van Aswegen (33) is op 18 Oktober verlede jaar in Mediclinic Nelspruit opgeneem met waterpokkies wat deurgeslaan het na haar longe toe. Haar skoonsuster, Lanie van Aswegen, het aan die koerant vertel dat Didi twee weke vroeër vir Duitse masels behandel is. Sy is ondersoek, behandel en het medikasie ontvang. Twee dae later kon sy nie van die bank af opstaan nie. Didi is dadelik in die hoësorgeenheid van dié hospitaal opgeneem waar sy vir meer as ‘n maand gelê het. Intussen het sy ook ‘n beroerte gehad. Haar bloedplaatjietelling was geweldig laag en as gevolg daarvan het sy gangrene ontwikkel en bloedklonte op die brein gekry. Dit het veroorsaak dat sy al vyf tone aan haar linkervoet en twee vingers aan haar linkerhand verloor het. Sy is later by M-Care in Nelspruit opgeneem.

10675521_697140807034201_5856365402121592492_n

 

 

 

Also see:

Here’s what tickled Lowvelder readers online in 2015

top-10

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button