Die Ratels van Ohrigstad het die manne van Barberton Saterdag in die tweede ronde van die ligarugbytoernooi wat op hul tuisveld gespeel is, oordonder. Die span van Ohrigstad het van die begin af die oorhand gehad en het reeds teen rustyd met 36-0 voorgeloop. “Ons voel ons spelers is reg om die liga deur te …
Die Ratels van Ohrigstad het die manne van Barberton Saterdag in die tweede ronde van die ligarugbytoernooi wat op hul tuisveld gespeel is, oordonder.
Die span van Ohrigstad het van die begin af die oorhand gehad en het reeds teen rustyd met 36-0 voorgeloop.
“Ons voel ons spelers is reg om die liga deur te trek solank ons as ‘n span bly saamspeel en op mekaar vertrou, is daar min wat ons kan keer om sukses te behaal,” sê Quartus du Toit, afrigter.
In die tweede helfte het die Ratels steeds hul teenstanders gestormloop en uiteindelik met 97-0 oor Barberton geseëvier.
Die Ratels het nog twee wedstryde voor die halfeindstryd oor.
Môre (Saterdag) speel hulle teen Nelspruit Kudus op Mbombela en daarna teen Hoedspruit Pumbas op hul tuisveld.
Punte teen Barberton is aan-geteken deur WK de Jongh (een drie), Juan van Zyl (drie drieë), Frans Breytenbach (twee), Martin van den Berg (een), Panda Richards (drie), Edward Latsky (een), Willem le Grange (twee), Koos van der Wal (een) en Stefan Vorster (een).
Van den Berg het 10 drieë verdoel en Brandon Parr-Bayley een. Agterspeler Richards en voorspeler Le Grange is as spelers van die wedstryd aangewys.
Altwee spanne skrum hard.Die Ratels het die lynstane oorheers.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Bridget Mpande is the editor assistant for Mpumalanga News and Lowvelder Express. She joined Lowveld Media in 2014 and covers several beats in the newsroom. She is a mentor and believes there is no community newspaper without the community.