FeaturesInnibos NuusLifestyleLocal newsNews

Boekwurms kan uitsien na gratis kuierstories op die Stoep

Daar is boekgesprekke te kies en te keur vir elke boeksmaak by vanjaar se Innibos Boekeprogram. Kom gesels saam!

MBOMBELA – Innibos bied vanjaar boekgesprekke en voorlesings oor boeke vir elke denkbare smaak en is boonop gratis by Stoep in Sonpark. Al wat jy moet doen is om vooraf te bespreek by 013-741-2551. Vir elke gesprek is net 100 plekke beskikbaar. Al vier boeke is deur NB-uitgewers uitgegee.

Die gesprekke word geborg deur ATKV. Die skrywers se boeke sal te koop wees by die ATKV Boeke Oppistoep sowel as ATKV-boekwinkel op die feesterrein.

Die boeke-aanbod wissel van die geliefde Amore Bekker se keuse van die beste goedvoelstories uit haar program op RSG tot ‘n ernstige oorlogroman deur Alexander Strachan.
Amore skryf stories oor taximanne, kalfies, sagopoeding, en veral oor liefde en onverwagse medemenslikheid in Hartstories-huis toe met ‘n ligter tred. Kom luister op Vrydag 1 Julie om 10:00 na haar gesprek met Annemarie van der Walt.

Dana Snyman is volksbesit. Hy skryf eerlik en nugter oor sy ontmoetinge met mense op sy pad.Sy gesprek oor sy boek In die blou kamp met mede-skrywer Keina Swart, is Saterdag 2 Julie om 10:00.

Om braaivleisvure skiet gewone Suid-Afrikaners se kommervlakke deesdae hoog. In Wat nou, Suid-Afrika? kyk die oudrektor Theuns Eloff na die kwessies op almal se lippe.Hy gee aan Annemarie van der Walt sy nuwe perspektiewe op al hierdie kwelpunte op 29 Junie om 14:00.

Alexander Strachan is bekend vir sy nugter blik deur in sy oorlogromans. In hierdie historiese roman kyk sy skrywende verteller na oorlogsgeweld tydens die Anglo Boere-oorlog sowel as na die spanning tussen boer en brit, na verraaiers en joiners. Hy bespreek die roman met Annemarie van der Walt op 29 Junie om 12:00.

• Kaartjies vir die Woorde Innituin en Sappi Boeke-crawl is reeds uitverkoop.

Meer op die Innibos-program hier

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button