FeaturesInnibos NuusLifestyleLocal newsNews

Engelstemme gaan grotte laat weerklink

Corlea Botha en Joshua na die Reën tree saam op in twee Innibos-vertonings wat belowe om gehore op hul voete te bring.

MBOMBELA – ‘n Sonderlinge ervaring wag bewonderaars van Corlea Botha en Joshua na die Reën (oftewel Jacques de Villiers) in, wanneer die twee uiteenlopende kunstenaars sangkragte tydens ‘n opvoering, Eggo’s in die grotte,  saamspan in die skouspelagtige Sudwala-grotte tydens Innibos saamspan onder begeleiding van Michael Barrett en die Tuks Camerata.

Beide Corlea en Jacques het hul grootwordjare op die platteland deurgebring, sy op Delmas en hy op Walkerville.

Dit is waar die ooreenkoms ophou. Hierdie twee gewilde kunstenaars se style en vertolking verskil hemelsbreed.

Waar Corlea bekend is vir haar suiwer, helder stem en dramatiese, sielvolle vertolkings van meer klassieke liedere is Joshua na die Reën geliefd vir sy opregte vertolkings van diepsinnige, meer liriek-sensitiewe liedjies.

Sy eerste debuutalbum, Joshua na die Reën, is in 2013, ná sy studiejare aan Pretoria Technikon uitgereik, terwyl hare in 2009 saam met sangmaat Rudi Claase, Ons lieflinge/Our vrygestel is. Die album het dié onderskeiding dat dit die langste in terme van weke op die SA Top 20 was.

Joshua na die Reën
Joshua na die Reën

Ten spyte van die verskille, belowe die rare kombinasie om aanhangers van beide op hul voete te kry in die grotte waar die akoestiek opsigself enige optrede ‘n unieke ervaring maak.

Daar sal twee optredes wees op Vrydag 1 Julie om 16:30 en 19:00. Die tydsduur is 75 minute. Toegang: R122. Besprekings: Computicket en Shoprite Checkers-winkels.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button