Local newsNews

Nelspruit-buurtwag neem deel aan nasionale patrollie

Die patrollie-eenheid het uit ses buurtwagvoertuie en ongeveer 12 mans bestaan. Hulle het amper 226 kilometer in 23 manuur afgelê.

Die Afriforum-buurtwag in Mbombela het op 11 Maart aan forum se nasionale patrollieveldtog deelgeneem. Die doel daarvan was om sigbaarheid in die omgewing te verhoog, gemeenskappe bymekaar te bring en samewerking tussen alle veiligheidsrolspelers te verbeter.

Sien ook: Stad se fotograwe word ernstig gewaarsku

“Ek glo dat die buurtwag ’n keerpunt in die geveg teen misdaad in Mbombela is. Die AfriForum-buurtwagte het ’n reputasie van goeie dissipline en goeie samewerking met die polisie, en die veiligheid van die Mbombela-gemeenskap is in goeie hande,” sê Johann Weber, die streekskoördineerder vir Mpumalanga-Oos.

’n Skoonmaak-aksie langs die Cairn- en Burnside-toegangsroete is ook gedoen en die gemeenskap het onkruid langs die paaie uitgeroei ten einde sigbaarheid te verbeter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button