Local newsNews

Is jy dalk die #Rooirokbokkie?

Innibos loods vanjaar by Minibos die Rooirokbokkie-kompetisie.

Die Campbells gaan op 19 Mei by die fees se amptelike afskop- en programbekendstellingsmakietie by Hoërskool Bergvlam optree.

Hulle treffer “Rooirokbokkie” het die kompetisie geïnspireer, het Innibos se bemarkingsassistent, Mariolise le Roux verduidelik.

https://www.youtube.com/watch?v=BEq6XI-PC6I

Die #Rooirokbokkie sal op grond van geheime kriteria die aand van die Minibos-makietie gekies word.

LEES OOK: Minibos-Makietie is om die draai

Die wenner kan ‘n R1 000-geskenkbewys van I’langa Mall asook ander opwindende pryse wen, so kry solank jou rooi uitrusting gereed. Die TV-persoonlikheid, Jan Braai sal die aand ook die braaikompetisie beoordeel.

Is jy die Laeveld se braaikoning? Kom skryf ‘n span in. Kontak Alison Linde by alison@innibos.co.za daarvoor. Buiten Die Campbells tree Kurt Darren ook op.

Toegang is gratis en ‘n ieder en ‘n elk word genooi om saam te kom sokkie. “Tooi jouself in rooi en kom geniet die aand saam met ons,” het Le Roux afgesluit.

LEES OOK: Bespreek jou Innibos kaartjies vandag

Is dit hoe ‘n #Rooirokbokkie lyk? Kom vind die aand van 19 Mei uit.

LEES OOK: Innibos gaan ‘n trappie verder met aanlynwinkel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button