Laevelders trek kuierskoene aan saam met Pieter Smith
Die Pumas se hoofafrigter het ook saam met Pieter Smith 'n lied gesing.
Die kuiergees het verlede week hoog geloop toe die Afrikaanse sanger, Pieter Smith, by Hennie’s Nelspruit opgetree het.

Sy humoristiese nabootsing van bekendes en indrukwekkende kitaarspel het Laevelders meegevoer. Die gehoor was gaande oor ou en nuwe gunstelinge soos “Blomme”, “Stukkie van der Merwe” en “Lekker op twee plekke”.
LEES OOK: Jan Blohm bring nuwe lig na die Laeveld
Jimmy Stonehouse, hoofafrigter van die Pumas, het ook in die pret gedeel en saam met Smith die bekende Neil Diamond-treffer, “Sweet Caroline”, gesing. Met selfoonflitse in die lug het die gehoor lekker saamgesing en ’n glasie geklink op die Pumas se onlangse oorwinning in die SA Beker-kompetisie.

Ten spyte van die koue het die gaste mekaar met goeie geselskap, musiek en dans warm gehou.
