Local newsNews

Bedrogklagtes teen Hattingh teruggetrek

Die klagtes teen mnr. André Hattingh en sy vier medebeskuldigdes is vandeesweek in die Lydenburg Landroshof teruggetrek.

LYDENBURG – Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, me. Monica Nyuswa, is die saak teruggetrek na die klaer, dr. Carl Nel, oorlede is.

Laevelder het vroeër berig hoe ‘n vier jaar lange ondersoek daartoe gelei het dat die voormalige pastoor en motorhandelaar van Hattingh Hyper Auto op 7 Maart in die kommersiële strafhof op Lydenburg van bedrog, diefstal, geldwassery en die oortreding van die SARS-wet aangekla is.

Mnr. Hendrik Visagie, me. Ingrid en mnr. Johan Eybers, en mnr. Henk du Toit is ook aangekla. Nel, ‘n afgetrede homeopaat, het aangevoer dat hy deur hul toedoen R16,6 miljoen kwyt geraak het in ‘n versinde Ivoorkus-beleggingskema.

LEES OOK: Wat jy saai sal jy maai

Die Valke se AO Dietlof Meyer se ondersoek het getoon dat Hattingh, Nel in 2008 met die proposisie om in ‘n maatskappy, Power V te belê, genader het.

Visagie en Du Toit het hom glo gehelp om Nel te oorreed. Hulle het begin deur R3,3 miljoen by Nel te leen, met die belofte dat hy 60 dae later R10 miljoen sou terugontvang.

Nog miljoene het gevolg. Nel se miljoene is volgens bankstate na Ingrid se Absa-rekening oorbetaal. Johan het glo R13 miljoen onttrek. Volgens hofdokumente is die geld landuit. Wat van die ander R3 miljoen geword het, is nie bekend nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button