‘n Besonderse dag vir grensmanne word gevier
Mense wat aan die grensoorlog deel gehad het, is veral welkom om die geleentheid op Saterdag 6 Mei by die bomgat by te woon en middagete te geniet.

WITRIVIER – Die MOTHS (Memorable Order of the Tins Hats) van die Legogote Bomgat in die dorp nooi alle belangstellendes en oudgediendes na ‘n spesiale herdenking van die meer onlangse oorloë, veiligheidsoperasies en militêre veldslae in die Suid-Afrikaanse krygsgeskiedenis.
Die destydse hoof van die weermag, genl. Constand Viljoen gaan ook teenwoordig wees.
Ofskoon die MOTH-organisasie ‘n broederskap van oudsoldate en gediendes, eintlik sy beslag na die Tweede Wêreldoorlog gekry het, is daardie oorspronklike manne nou nie meer in ons midde nie.
“Vandag se lede is manne wat in die latere grensoorloë betrokke was. Selfs die jongste onder hulle vat-vat nou al so aan 50 jaar,” sê woordvoerder van die Legogote, Tinus Botha. Dis ook ‘n geleentheid vir die jonger manne met ‘n belangstelling in die krygskunde om nog eerstehands met oudsoldate kontak te maak.
LEES OOK: MOTHS pay tribute to all who gave their lives
Die fokus val vanjaar op die suksesvolle aanval op Cassinga en word opgedra aan die Suid-Afrikaanse valskermsoldate. In daardie stadium was dit die grootste lugoperasie wat die Suid-Afrikaanse Weermag nog uitgevoer het.
Die aanval op Cassinga, ‘n Swapo- hoofkwartier, 250km binne Angola was op 4 Mei 1978. Aanstaande jaar sal dit 40 jaar gelede wees.
Dit was voor die onderhandelde onafhank- likheid van Namibië. Swapo met sy gewapende eenheid, Peoples Liberation Army of Namibia was toe nog ‘n vyandige Angolese en Kubaans ondersteunde terroristegroep.
Suidwes-Afrika was destyds nog onder Suid-Afrikaanse beheer. Bevestig vooraf jou teenwoordigheid by PG Joubert by 083-255-9621 of Tinus Botha by 079-697-9514.
LEES OOK: Sommige MOTHS is steeds in die oorlog…
