Local newsNews

kykNET hoe rock die Innibos-verhoë nou

Innibos is vir almal, maak nie saak of jy jou biscuit wil skud of eerder hard wil rock nie.

Op Woensdag, 5 Julie spook die finaliste in die RockRumoer-kompetisie sake uit op die kykNET Nou!-rockverhoog.

After Robot

Dié kompetisie word jaarliks landwyd aangebied en die wenner kry R25 000 geborg deur Cell C, plus ‘n musiekvideo deur kykNET.

Albert Frost

Die beste sanger, kitaar-, trom- en baskitaarspeler kry elkeen R1 000. Vanjaar se finaliste is After Robot, ‘n Johannesburgse band wat hulle styl as groove rock beskryf; Generasie Stasie van Pretoria met alternatiewe rock; die folk rocker, Matt Carstens van Kaapstad, en die twee Bloemfonteinse bands Kirkland en Having Cows met onderskeidelik alternatiewe en indie rock.

André Visagie Band

Die span beoordelaars is Francois van Coke, Albert Frost en Neels van Jaarsveld.

Dan Patlansky

Die Standard Bank-hoofverhoog behoort Donderdagaand, 6 Julie aan die rockers wanneer die twee beste finaliste van die RockRumoer-kompetisie saam met Arno Carstens, Hemelbesem, Matthew Mole, Majozi, The Black Cat Bones en Vanfokkingtasties optree.

Desmond & The Tutus

Ewe indrukwekkend is die line-ups vir Vrydag, 7 Julie en Saterdag, 8 Julie op die kykNET Nou!-verhoog.

Die Heuwels Fantasties

Vrydagaand is dit Manny Walters, Albert Frost, Spoegwolf, Bittereinder en Die Heuwels Fantasties se beurt, en Saterdagaand eindig op ‘n hoë noot met Tuin, verlede jaar se RockRumoer-wenner, Desmond & The Tutus, Dan Patlansky, Wonderboom en Locnville.

Francois van Coke – Credit Allister Christie

Oudergewoonte is die kykNet Nou!-rockverhoog op die netbalbane agter die hoofpaviljoen op die Innibos-feesterrein. Sorg dat jy daar is – elke aand!

Having Cows

• Die volledige program is op innibos.co.za beskikbaar en kaartjies is by Computicket te kry.

Wonderboom
Tuin
Spoegwolf
Matt Carstens
Manny Walters
Locnville
Kirkland

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button