Fietsprojek bring kinders gouer, en veiliger by die skool aan
Die motiverings is deur die skool se bestuurspan nagegaan en die 20 leerders wat die bestes ingedien het.

Laerskool Numbi het verlede week 20 fietse ontvang danksy Blue Mountain Luxury Lodge wat onlangs ‘n gemeenskapsprojek van stapel gestuur het.
Dié projek voorsien minder-bevoorregte kinders van die omgewing van vervoer in die vorm van trapfietse.
Om vir ‘n fiets in aanmerking te kom, moes leerders wat belangstel, ‘n vorm invul en dit saam met ‘n motivering vir hul aansoek by die skool se kantoor inhandig.
Die motiverings is deur die skool se bestuurspan nagegaan en die 20 leerders wat die bestes ingedien het, het elk ‘n fiets ontvang. Blue Mountain Lodge se me.
Elmarie Ferreira het self die fietse aan die wenners oorhandig. Die beste kandidate was Jemuel Katambwe, Criolie Katambwe, Christopher Katambwe, Praise Sehale, Nsovo Madalane, Ermmy Mndawe, Hector Kgomo, Njabulo Mona, Jessica Magagula, Leeroy Phiri, Bridget Shilubane, Surprise Chiloane, Rowen Sambo, Siphe-Sihlenkosi, Success Nonyane, Chevril Chawane, Tshiamo Moloi, Denzel Ngwenya, Sinhle Khoza en Rifuwo Sibuyi.
