Local newsNews

Witrivier se water glo silwerskoon

AfriForum het die water in Witrivier, Piet Retief, Ermelo, Belfast, Machadodorp, Dullstroom, Lydenburg en Mbombela in Mei vanjaar getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- en behandelde afvalwater te bepaal. “Ons het vasgestel dat die drinkwater in die provinsie skoon is en geen swaarmetale bevat nie. Daarbenewens voldoen bakterieëvlakke aan toepaslike standaarde. “AfriForum …

AfriForum het die water in Witrivier, Piet Retief, Ermelo, Belfast, Machadodorp, Dullstroom, Lydenburg en Mbombela in Mei vanjaar getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- en behandelde afvalwater te bepaal.

“Ons het vasgestel dat die drinkwater in die provinsie skoon is en geen swaarmetale bevat nie. Daarbenewens voldoen bakterieëvlakke aan toepaslike standaarde.

“AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets om die grondwetlike regte van dorpsbewoners te beskerm en seker te maak dat hulle van skoon drinkwater voorsien word,” sê Johann Weber, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Oos.

Die burgerregte-organisasie het egter sy kommer uitgespreek oor die dorpe se behandelde afvalwater wat nie aan die vereiste standaarde voldoen nie. “Ons riviere word deurlopend deur ondoeltreffende rioolnetwerke besmet wat as gevolg van swak instandhouding deur die plaaslike munisipaliteite toenemend verval en ons waterbronne se gehalte bedreig,” sê Weber verder.

AfriForum se nasionale blou-en-groen-druppelprojek fokus op die gehalte van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dit konsentreer nie noodwendig op die toestand van die rioolaanleg nie, maar eerder op

die gehalte van die water wat ná afloop van die proses as drinkwater (blou druppel) of riool-water (groen druppel) vrygelaat word.

“Ons versoek die inwoners van dié dorpe om AfriForum die mandaat te gee om die gehalte van hulle water deurlopende te moniteer.

“SMS jou dorp se naam na 45350 om die projek te ondersteun. Elke SMS kos R1,” sluit Weber af.

Easy ways to save water in and around your home

White River water turbidity update

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button