Bos-oeber is ‘n eerste vir die dorp
Parkering en verkeersknope rondom die feesterrein is dikwels 'n tameletjie vir feesgangers, maar Innibos het verskeie opsies om van te kies en te keur.

Pendelaars hoef nie lang afstande te stap of bekommerd te wees oor frustrerende verkeer nie. Hier is die oplossings wat tot jou beskikking is:
• Stop & Hop
Die gerieflike Innibos Stop-en-Hop-diens (Park and Ride) bied beslis ‘n welkome uitkoms. Hierdie diens sal weer by i’langa Mall beskikbaar wees.
Feesgangers kan gratis by hierdie optelpunt parkeer, vanwaar daar elke 20 minute ‘n bus na die feesterrein vertrek.
Die Innibos Stop-en-Hop was die afgelope paar jaar ‘n voltreffer en feesgangers kan gerus van hierdie gratis diens gebruik maak.

• TRAC Bossewaens
Om van die feesterrein tot by jou vertoning te kom, hoef glad nie ‘n probleem te wees nie. Met die komplimente van TRAC N4, word daar weer vanjaar gesorg vir moeitevrye vervoer van en na feesproduksies se venues.
Die Bossewaens vervoer feesgangers vanaf die feesterrein by Hoërskool Bergvlam na enige van die sale of venues waar produksies aangebied word. Ná elke vertoning is die Bossewa weer daar om feesgangers vanaf die venue na die feesterrein terug te neem.
Bossewaplein is naby Hek 1 van die feesterrein geleë en die kaartjies kos net R10 per rit. Die Bossewa-kitsnommer is 082-321-5443.
• Bos-oeber
Hierdie maklike vervoer-opsie is teen ‘n klein fooi beskikbaar en bied veilige vervoer in en om Mbombela aan. Skakel 072-607-7338 of 072-413-0812 vir meer inligting.

Jou Innibos-feeservaring begin sommer hier. Moenie hierdie geleenthede misloop nie!
