Local newsNews

Hullets Koeksister-kompetisie skop af op ‘n hoë noot

Kom na die KykNet-tent en stem vir jou gunstelling koeksister

Gister was die eerste dag van die Huletts Koeksister-kompetisie by die kykNET-tent. Die wenner, wat die meeste beïndruk, sal Saterdag gekroon word.

Al drie finaliste het 3 000 van dié lekkernye gebak wat oor die vier dae geproe kan word.

Lenise Erasmus (26) van Hoopstad in die Vrystaat, is een van die finaliste en hoop dat haar tannie Bellie van Huyssteen (78) se resep haar die R100 000-prysgeld sal verseker.


“Dit sal vir my ‘n groot eer wees,” sê sy, en hoop om ‘n deel van die geld te gebruik om ‘n koeksister-onderneming te begin. Sy besit tans ‘n gastehuis op die Vaaldam saam met haar ma, Louis.

Lenise bak sedert 2013. Dít nadat haar pa, Wiekus, se tannie Bellie besluit het om haar huis te verkoop en trek.

“Sy bak al vir 40 jaar en het my gevra of ek nie die resep wil oorneem nie.” Sedertdien het sy dit bemeester. Sy het in 2015 aan die kompetisie deelgeneem maar nie die mas opgekom nie.

“Sy het weer vanjaar ingeskryf en is een van drie finaliste met hulle visier op die prysgeld.


“Dit is belangrik dat jou koeksister blink en bros is, as dit oor albei die kwaliteite beskik is ek baie gelukkig,” sê Lenise.

Jy kan tussen 13:00 en 16:00 vir die beste koeksister by die kykNET-tent stem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button