Local newsNews

Deel só feesvreugde met ander

Dis 2017 en Innibos is lankal nie meer tot Mbombela beperk nie. Hoe so? Dis te danke aan sosiale media!

Verskeie feesgangers deel hul Innibos-herinneringe aanlyn met vriende regoor die wêreld. Maak seker dat jy ook deel is van die #Innibos2017 gesprek deur die regte hutsmerke te gebruik wanneer jy foto’s aanlyn plaas.

Die fees het twee amptelike hutsmerke: #Innibos2017 en #stappieverder. Muskiet het oor die jare met bykomende hutsmerke vorendag gekom.

• As jy hier fees vier, noem ons jou ‘n #bosganger. Laevelders wat saamkuier, heet #bosbewoners.

#Bosmôl is die versameling stalletjies waar feesgangers lekkernye, klerasie en aandenkings kan koop. Daar is iets van alles – van suikersoet spookasem tot deftige juwele.

#Boskrôl – Gesoute Innibossers kruip stadig deur die feesstalletjies. Hulle proe, ruik, hoor, sien en ervaar alles met oorgawe. Moenie vergeet om jou #boskrôl-foto’s met ons te deel nie!

#Bosvoos is hoe jy voel na ‘n behoorlike #boskrôl.

#Boskiekies is wat ons al die foto’s wat jy van jou #bospelle (die woord spreek vanself) neem, noem.

Hier word natuurlik selfies geneem dat dit bars. ‘n #Selfinni is ‘n selfie wat by Innibos geneem is. Neem jou gunsteling-oomblike af en merk ons in jou plasings: @innibosfees en @lowveldmedia. Sien jou binnekort aanlyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button