Feesgangers hoef verkeer nie te vrees
Johannesburg? Pretoria? Nee! Innibos bied vanjaar 'n Bos-oeber vir feesgangers aan.

Hierdie splinternuwe taxi-diens is vir feesgangers wat liefs nie met hul eie vervoer feesterrein of huis toe wil ry nie.
Innibos het ook ander opsies om van te kies om bosgangers soos die Stop-en-hop asook die TRAC Bossewaens.
• Stop-en-hop
Die gerieflike Innibos Stop-en-hop-diens bied beslis ‘n welkome uitkoms. Hierdie diens sal weer by i’langa Mall beskikbaar wees.
Feesgangers kan gratis by hierdie optelpunt parkeer, vanwaar daar elke 20 minute ‘n bus na die feesterrein vertrek.
Die Innibos Stop-en-Hop was die afgelope paar jaar ‘n voltreffer en feesgangers kan gerus van hierdie gratis diens gebruik maak.
• TRAC Bossewaens
Om van die feesterrein tot by jou vertoning te kom, hoef glad nie ‘n probleem te wees nie. Met die komplimente van TRAC N4, word daar weer vanjaar gesorg vir moeitevrye vervoer van en na produksies se venues.
Die Bossewaens vervoer feesgangers vanaf die feesterrein by Hoërskool Bergvlam na enige van die sale of venues waar produksies aangebied word. Ná elke vertoning is die Bossewa weer daar om pendelaars vanaf die venue na die feesterrein terug te neem.
Bossewaplein is naby Hek 1 van die feesterrein geleë en die kaartjies kos net R10 per rit. Die Bossewa-kitsnommer is 082-321-5443.
• Bos-oeber
Hierdie maklike vervoer-opsie is teen ‘n klein fooi beskikbaar en bied veilige vervoer in en om Mbombela aan.
Skakel 072-607-7338 of 072-413-0812 vir meer inligting. Dit kos R50 per rit. Hulle sal binne ‘n paar minute die naaste Bos-oeber stuur om jou te kom oplaai. Jou Innibos-feeservaring begin sommer hier. Moenie hierdie geleenthede misloop nie.

