Local newsNews

Lekkerste naweek van die jaar lê voor

'n Naweek is 'n lekker ding. Innibos is lekkerder. 'n Innibos-naweek is die lekkerste!

Vanjaar vier Innibossers fees in die oortreffende trap. Vanaand se kykNET Konsert beloof om die fees op horings te neem.

Karlien van Jaarsveld, Nádine, Leah, Theuns Jordaan, Dozi, Brendan Peyper en Emo Adams sal van 18:00 af op die Standard Bank-hoofverhoog optree.

Innibos bied van vroegoggend tot laat-aand eersteklasvermaak vir almal – van belese kunskenners tot Jan Alleman.
Raadpleeg die program en maak seker dat jy niks misloop nie.

Môreaand se Jacaranda FM Konsert sal ‘n belewenis wees – ‘n volle 16 van die musiekwêreld se room sal daar optree. ‘n Ou gunsteling – Loof Hom Innibos – sal die fees Sondag om 18:00 afsluit.

Sandra Jacobs, bemarkingsbestuurder van die fees, het aan Muskiet gesê dat meer as 13 000 mense die eerste dag bygewoon het. Teen druktyd het kaartjieverkope op 60 100 gestaan.

Die beste lê nog voor, so maak jou bolla los, wees gereed om drome te sien waar word en laat jou hart pure kultuur klop by Innibos – die beste fees in die land.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button