Bekkige pop en bekende kunstenaar vermaak Malalane se kleingoed
Bekende kinderbedieningspan Oom Karoolus en Lente het onlangs in Malalane gaan kuier en jonk en oud vermaak met liedjies en stories.
Kinders en volwassenes het lustig saam met Oom Karoolus en Lente gesing toe die bekende duo verlede Woensdagaand in die plaaslike NG Kerksaal opgetree het.
Oom Karoolus (Cor Uys) en Lente (‘n pop-dogtertjie van vyf jaar) bied al as deel van Maranathaland vir meer as twee dekades kindervermaak met ‘n Christelike boodskap aan.
LEES: Sanger laat kinders hop en spring
Daar het soveel mense opgedaag, dat helpers nog stoele moes in dra, en jonk en oud kon nie wag dat die tweetjies hul verskyning maak nie.
Daar is bekende kinderliedjies gesing, voordat Oom Karoolus, met behulp van Lente, ‘n storie met ‘n lewensles vertel het. ‘n Bybelgedeelte en die kernboodskap is sodoende op ‘n prettige manier oorgedra.
Kyk hier na een van Oom Karoolus en Lente se videos:
Om meer van Oom Karoolus en Lente te leer, besoek hulle webwerf hier.
