Local newsNews

Nando’s is 30 jaar oud

Nando's Suid-Afrika is Septembermaand 30 jaar oud. Dié brand is sedert verlede jaar by Innibos betrokke. 

Hulle stalletjie, of eerder prethoekie, is naby hek vyf geleë.

Daar is ‘n mini-yskaatsbaan en verskeie ander speletjies soos “skrop die pitte”, “cheeky-kiekieboks”, “vereskud” en “roereier”.

En glo dit of nie, maar al hierdie speletjies is verniet en bosgangers loop nie sonder ‘n prys weg nie. Of dit nou ‘n lipsalf of ‘n sonbril is, elke deelnemer vat iets huis toe.

“Die stalletjie is baie populêr. Saam met ons verjaardag het ons ‘n nuwe geur, die Mozam-paprika bekendgestel. Dit is ‘n very no-burn-produk. Ons het ook ons korporatiewe visuele identiteit verander en meer kleur in ons branding ingebring,” het die bemarkingsbestuurder van Nando’s Suid-Afrika, Erika Smit gesê.

HemelBesem het spesiaal vir Nando’s ‘n rap-liedjie geskryf wat Woensdagaand op die Standard Bank-verhoog gesing is.

“Ons het van Hoërskool Bergvlam se leerders gekry om deel van die feesvieringe te wees. Dit is ‘n groot voorreg om ons verjaardag saam met Innibos en die feesgangers te kan vier,” het Erika vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button