Jong vroue word as vermis aangemeld.
Twee jong dames word vermis nadat hulle fulstasie toe is en nooit weer van hulle laat hoor het nie.

OPVOLG – Om 22:35 was daar gerugte dat die ouers bevestig het dat die twee vermiste vroue in Belfast is. Daar was baie verwarring omdat altwee se selfoon sein gevolg is tot by ‘n naby geleë nedersetting. Vanoggend is die publiek in kennis gestel dat die dames veilig is en 02:00 vanoggend by familie in Bryanston aangekom het. Die soektog is dus gestaak.
BURGERSFORT – ‘n Bekommerde ma is opsoek na twee jong dames wat as vermis aangemeld is. Een van die jong vroue se ma het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om te help soek na Mariska en Wilne wat nie terug gekeer het huistoe nadat hulle winkel toe is nie. Die gemeenskap word gevra om asseblief op die uitkyk te wees vir die twee jong dames wat in ‘n ou model metallic VW Polo ry. Hulle is om 20:00 as vermis aangemeld toe hulle na ‘n fulstasie toe gery het en het nie terug gekeer nie en is tot nou steeds nie gevind nie. Mense in die gemeenskap het soek spanne saamgestel om verskeie vulstasies en naby geleë omgewings te fynkam. Daar is ook verskeie male by die Wildevy fees afgekondig dat die dames gesoek word. Enige iemand met inligting kan Mariska se ma Tina kontak: 0825892549.

